Perspektief En Profiel: Deel 1: 'n Afrikaanse Literatuurgeskiedenis (Afrikaans Edition)

Type
Book
Authors
 
ISBN 10
627023460 
ISBN 13
9780627023460 
Category
Unknown  [ Browse Items ]
Publication Year
1998 
Publisher
Description
Die beskrywing van die geskiedenis van 'n literatuur is in verskillende opsigte 'n onontbeerlike onderneming. Ten eerste is dit die wyse waarop navorsers en belangstellendes die gemaklikste toegang kan kry tot die korpus van die literatuur; dit is die hulpmiddel by uitnemendheid vir studente van 'n bepaalde literatuur. Daarby dien dit egter ook tot karakterisering van die besondere, die unieke in 'n literatuur: om dit af te teken teen die ander literature van die wereld. Hoewel die geskiedenis van die Afrikaanse literatuur gedurende hierdie eeu al deur verskeie navorsers aangepak is, het die opvattings oor die uitvoering van so 'n taak deur die jare, en veral gedurende die afgelope twee dekades, ingrypend verander. Dit het dus noodsaaklik geword dat daar 'n beskrywing van die Afrikaanse literatuur onderneem word in die lig van hierdie jongste insigte. Die publikasie Perspektief en Profiel, wat reeds sedert 1951 'n veelkantige beeld van die Afrikaanse literatuur daargestel het, het 'n goeie fondament gebied vir 'n nuwe literatuurgeskiedenis. Vir hierdie nuwe uitgawe is, soos tevore, kontekstualiserende oorsigte aangevul met dieptestudies van beduidende outeurs, en hierdie veelkantige aanbieding pas juis in by die eietydse opvattings oor literatuurgeskiedskrywing. Oor 'n bree spektrum het navorsers en dosente van bewese akademiese kwaliteit, en verbonde aan 'n groot verskeidenheid inrigtings, bydraes gelewer om 'n geskakeerde oorsig van die Afrikaanse literatuur te bied. - from Amzon 
Number of Copies

REVIEWS (0) -

No reviews posted yet.

WRITE A REVIEW

Please login to write a review.